Autodromo Nazionale di Monza

Autodromo Nazionale di Monza
Ligging Monza, Italië[1]
Tydsone UTC+01:00
Koördinate 45°37′14″N 9°17′22″E / 45.62056°N 9.28944°O / 45.62056; 9.28944
Kapasiteit 113860
FIA Gradering 1
Eienaar Monza & Milaan[1]
Operateur SIAS S.p.A.[1]
1e Sooispit 15 Mei 1922
Geopen 3 September 1922
Argitek Alfredo Rosselli
Groot byeenkomste FIA Formule Een
Italiaanse Grand Prix
Italiaanse motorfiets Grand Prix, Monza 1000 km
Wêreldtoermotorkampioenskap
Wêreldsuperfietskampioenskap
Race of Two Worlds
Moderne Grand Prix-baan
Baanoppervlak Teer
Lengte 5.793[2] km (3.600 mi)
Draaie 11
Rondterekord 1:19.525 (Vlag van Colombia Juan Pablo Montoya, Williams, 2004, Formule Een)
Ovaalbaan
Baanoppervlak Beton/Teer
Lengte 4.250[2] km (2.641 mi)
Draaie 2
Walle ≈30°
Rondterekord 0:54.0 (Vlag van Verenigde State van Amerika Bob Veith, Bowes Seal Fast, 1958, IndyCar)
Juniorbaan
Baanoppervlak Teer
Lengte 2.405[2] km (1.494 mi)
Saamgestelde baan
Baanoppervlak Teer
Lengte 10.00 km (6.213 mi)
Draaie 9
Rondterekord 2.41.4 (Vlag van Verenigde State van Amerika Phil Hill, Ferrari, 1960, Formule Een)

Die Autodromo Nazionale di Monza is 'n historiese motorsportrenbaan naby die stad Monza, noord van Milaan, in Italië. Dit is in 1922 gebou en is die wêreld se derde doelgeboude motorrenbaan ná die van Brooklands en Indianapolis.[3] Die renbaan is algemeen bekend om die jaarlikse Formule Een Italiaanse Grand Prix te huisves.

Die baan is in Royal Villa of Monza-park in 'n bosarea gebou[4] en beskik oor drie bane – die 5,793 km Grand Prix-baan, 'n 2,405 km Juniorbaan en 'n 4,250 km hoësnelheid-ovaalbaan met steil kante wat al dekades lank nie meer gebruik word nie.[5] Die belangrikste kenmerke van die Grand Grand Prix-baan is die Curva Grande, die Curva di Lesmo, die Variante Ascari en die Curva Parabolica. Die hoëspoedkurwe, Curva Grande, is geleë na die Variante del Rettifilo aan die einde van die Rettifilo Tribune, wat gewoonlik volspoed deur Formule Een-jaers aangedurf word.

Bestuurders is die grootste deel van die rondte vol op die petrolpedaal vanweë die lang pylvakke en vinnige draaie. Dit is gewoonlik die scenario waarin die oopwiel-Formule Een-motors die ware spoed toon waartoe hulle in staat is: 372 km/h (231 mpu) behaal in die middel-2000s met die V10-enjinformule, hoewel dit in 2012 met die 2.4L V8-enjins, topsnelhede in Formule Een selde meer as 340 km/h (211 mpu) was; die 1.6L turbo-baster V6-enjin, verminderde afwaartse drukformule van 2014 behaal 'n topspoed van tot 360 km/h (224 mpu).

Die baan is oor die algemeen plat, maar het 'n geleidelike gradiënt van die tweede Lesmos tot by die Variante Ascari. As gevolg van die lae aërodinamiese profiel wat benodig word, met die gevolglike laer afwaartse druk,[6] is die greep baie laag; onderstuur is 'n ernstiger saak as by ander renbane; die teenoorgestelde effek, oorstuur, is egter ook in die tweede sektor aanwesig, wat die gebruik van 'n baie kenmerkende teenoorgestelde sluitstuurtegniek vereis. Aangesien beide maksimum krag en minimale sleur die sleutel is vir hoë topsnelhede in die pylvakke, kan slegs deelnemers met genoegsame krag of aërodinamiese doeltreffendheid tot hul beskikking goeie wedrenuitslae behaal.

  1. 1,0 1,1 1,2 "Autodromo Nazionale Monza – Company profile". Autodromo Nazionale Monza (in Engels). MonzaNet.it. 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2009. Besoek op 17 September 2009.
  2. 2,0 2,1 2,2 "Autodromo Nazionale Monza – Areas & Structures". Autodromo Nazionale Monza (in Engels). MonzaNet.it. 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2009. Besoek op 17 September 2009.
  3. "History". Autodromo Nazionale Monza (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2016.
  4. "1922–1928: Construction and first races on the original tracks". Autodromo Nazionale Monza (in Engels). MonzaNet.it. 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2009. Besoek op 17 September 2009.
  5. "The hidden history of the Monza banking". Formula One Administration Ltd (in Engels). Formula1.com. 30 Augustus 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2014. Besoek op 17 September 2009.
  6. "Fórmula 1: los pilotos tienen miedo por la seguridad en Monza" [Formula 1: the drivers are afraid for safety at Monza] (in Spaans). Clairín.com. 5 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2009. Besoek op 17 September 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search